770ha Bees- en Besproeiingsplaas te Koop in Christiana
Alleen Mandaat | Sole Mandate
Hierdie besonderse 770ha bees- en besproeiingsplaas, geleë in die Christiana-omgewing, bied ’n uitstekende geleentheid vir die ernstige boer of belegger. Met gevestigde infrastruktuur, betroubare waterbronne en bestaande besproeiing, bied hierdie plaas uitstekende potensiaal vir vee- en gewasproduksie.
Eiendom Besonderhede
Plaasgrootte
Water & Besproeiing
- Ingelyste besproeiing van 143ha
- Water word voorsien deur die Vaalrivier sowel as boorgate
- 4 Boorgate
- Dompelpompe met windpompe
Spilpunte
- 1 x 7 Toring Valley spilpunt – nie werkend nie, maar kan ongeveer 70ha besproei indien herstel
- 1 x 6 Toring Zimmatic spilpunt – 40ha
- 1 x 5 Toring Agricco spilpunt – 30ha
- 1 x Onbekende spilpunt – 13ha
Infrastruktuur
- 2 Huise
- Lapa
- 2 Motorhuise
- 1 Slagkamer
- 1 Ou woonhuis wat tans as stoorplek gebruik word
- 1 Staal stoor
Krag
- 5 kragpunte - 375KVA Eskom
Veefasiliteite
- 7 Kampe
- Krale in redelike tot goeie toestand
Klimaat
- Gemiddelde reënval van ongeveer 390 – 425mm per jaar
Hierdie plaas kombineer uitstekende ligging, gevestigde infrastruktuur en sterk waterbronne met groot potensiaal vir verdere ontwikkeling. Die kombinasie van besproeiing, veeproduksie en rivierwater maak dit ’n veelsydige landbou-eiendom met langtermynwaarde.